Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 23:2-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Hy het ook al die ampsdraers van Israel, die priesters en die Leviete laat bymekaarkom.

3. Toe hulle getel is, was die Leviete, die mans van dertig jaar en ouer, altesaam ag en dertig duisend.

4. Van hulle moes vier en twintig duisend sorg dra vir die werksaamhede in die huis van die Here, en ses duisend die orde en regspraak behartig;

5. vier duisend was poortwagte, en vier duisend moes sorg vir die lof van die Here op die instrumente wat daarvoor vervaardig is.

6. Dawid het hulle ingedeel in groepe volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merari.

7. Onder die Gersoniete is Ladan en Simi gereken.

8. Die seuns van Ladan was Jegiël, die hoof, Setam en Joël, hulle drie.

9. Die seuns van Simi was Selomit, Gasiël en Haran, ook drie. Hulle was die familiehoofde van Ladan.

10. Die seuns van Simi was Jagat, Sisa, Jeüs en Beria. Dit was die vier seuns van Simi.

11. Jagat was hoof en Sisa tweede in rang. Jeüs en Beria het nie baie seuns gehad nie en vorm saam een diensgroep van die familie.

12. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, hulle vier.

13. Die seuns van Amram was Aäron en Moses. Aäron is vir altyd afgesonder, hy en sy nageslag, om blywend die heilige diens in die Allerheiligste te verrig, om vir die Here wierookoffers te bring, Hom te dien en in sy Naam die seën uit te spreek.

14. Wat Moses betref, die man van God, sy nageslag is by die stam Levi gereken.

15. Die seuns van Moses was Gersom en Eliëser.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 23