Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Dawid het ook al die gesaghebbers van Israel beveel om sy seun Salomo te help:

18. “Was die Here julle God nie by julle nie en het Hy julle nie op alle grense rus gegee nie? Hy het die inheemse bevolking van die land in my mag gegee, en die land is aan die Here en sy volk onderwerp.

19. Gee nou hart en siel daaraan om aan die Here julle God gehoorsaam te wees, en begin bou aan die heiligdom van God die Here, sodat die verbondsark van die Here en die gewyde voorwerpe van God ingebring kan word in die huis wat vir die Naam van die Here gebou sal word.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22