Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 22:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Dawid het toe gesê: “Die heiligdom van God, die Here, is nou hier by die dorsvloer en hier is ook die brandofferaltaar vir Israel.”

2. Dawid het die vreemdelinge wat in Israel woonagtig was, bymekaar laat bring en klipkappers aan die werk gesit om messelklippe reg te kap vir die bou van die huis van God.

3. Hy het 'n massa yster vir die spykers van die poortdeure en vir kramme gereed gemaak, en ook 'n massa brons, te veel om te weeg.

4. Daar was soveel sederhout dat dit nie gemeet kon word nie, want die Sidoniërs en Tiriërs het sederhout in oorvloed aan Dawid gelewer.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 22