Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:8-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Dawid het teenoor God bely: “Ek het swaar gesondig toe ek hierdie ding gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”

9. Die Here sê toe vir Gad, die siener van Dawid:

10. “Gaan sê vir Dawid: So sê die Here: Ek lê drie dinge aan jou voor. Kies vir jou een daarvan, dan sal Ek dit laat gebeur.”

11. Gad het toe na Dawid toe gegaan en vir hom gesê: “So sê die Here: Kies

12. drie jaar hongersnood, of om drie maande lank op die vlug te bly voor jou teenstanders en deur die swaard van jou vyand agterhaal te word, of drie dae waarin die swaard van die Here self en die pes in die land is en die engel van die Here dwarsoor die Israelitiese gebied verderf saai. Besluit nou watter antwoord ek moet terugbring aan Hom wat my gestuur het.”

13. Dawid het vir Gad geantwoord: “Ek is in 'n hoek gedryf. Laat my liewer in die hand van die Here val, want sy genade is baie groot. Ek wil nie in die hand van 'n mens val nie.”

14. Daarna het die Here 'n pes onder Israel laat uitbreek, en daar is sewentig duisend Israeliete dood.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21