Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:23-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Arauna het vir Dawid gesê: “U kan dit gerus maar vat, U Majesteit; doen wat u goedvind. Ek gee ook nog die beeste vir die brandoffer, die dorsslee vir hout en die koring vir die graanoffer. Ek gee alles.”

24. Hierop het koning Dawid vir Arauna gesê: “Nee, ek koop dit beslis van jou vir die volle waarde. Ek kan nie van wat joune is vir die Here bring nie. Ek bring nie 'n brandoffer wat my niks kos nie.”

25. Dawid het aan Arauna byna sewe kilogram goud vir die plek betaal

26. en daar 'n altaar vir die Here gebou. Hy het brandoffers en maaltydoffers gebring en die Here aangeroep. Die Here het hom geantwoord deur vuur uit die hemel op die brandofferaltaar af te stuur.

27. Daarna het die Here met die engel gepraat en hy het sy swaard in die skede teruggesit.

28. Toe Dawid destyds gemerk het die Here antwoord hom daar op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet, het hy daar bly offer.

29. Die tabernakel van die Here wat Moses in die woestyn gemaak het en die brandofferaltaar was toe op die hoogte in Gibeon,

30. maar Dawid was nie in staat om God daar te gaan raadpleeg nie, want hy is afgeskrik deur die swaard van die engel van die Here.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21