Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Dit was hulle wat in die reëntyd die Jordaan oorgesteek het toe hy vol was tot oor altwee sy walle en al die laagtes oos en wes volgestoot het.

16. Toe daar van die Benjaminiete en Judeërs na Dawid toe gekom het in die bergskuiling,

17. het hy na hulle toe uitgekom en geroep: “As julle in vrede na my toe gekom het om my te help, is ons bondgenote en is ek bereid om julle leier te wees, maar as julle gekom het om my aan my vyande te verraai, terwyl ek geen misdaad begaan het nie, mag die God van ons voorvaders dit dan raaksien en julle straf.”

18. Daarna het die Gees vir Amasai, die leier van die dertig, in besit geneem, en hy het gesê:“Vír u, Dawid!Bý u, seun van Isai!Vrede, vrede vir u,en vrede vir hom wat by u staan,want u God help u!”Dawid het hulle toe aanvaar en hulle opgeneem onder die leiers van sy bende.

19. Uit Manasse het mense na Dawid toe oorgeloop toe hy saam met die Filistyne op die veldtog teen Saul uitgetrek het. Hy het egter nie die Filistyne gehelp nie, want hulle regeerders het hom doelbewus weggestuur. Hulle het gesê: “Hy sal na sy koning Saul toe oorloop met ons koppe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12