Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 1:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die nageslag van Kus: Seba, Gawila, Sabta, Rama en Sabteka. Die nageslag van Rama: Skeba en Dedan.

10. Uit Kus het Nimrod gekom, die eerste maghebber op die aarde.

11. Uit Egipte het gekom die Ludeërs, Anammers, Lehabeërs, Naftoagiete,

12. Patrosane en die Kaslugiete uit wie die Filistyne kom, en die Kaftorane.

13. Uit Kanaän het gekom Sidon wat as sy oudste seun geld, en verder Het,

14. die Jebusiete, Amoriete, Girgasiete,

15. Hewiete, Erekiete, Siniete,

16. Arwadters, Semariërs en die mense van Hamat.

17. Die nageslag van Sem:Elam, Assirië, Arpaksad, Lud, Aram, Us, Gul, Geter en Mesek.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 1