Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:3-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Christus het immers ook nie aan Homself gedink nie, inteendeel. Dit was met Hom soos daar geskrywe staan:“Die beledigings waarmee mense U beledig,het op My neergekom.”

4. Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.

5. En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê.

6. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.

7. Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.

8. Ek bedoel dít: Christus het gekom om in belang van die Jode 'n dienaar te word; Hy moes vir hulle die waarheid van God bevestig deur die beloftes wat die voorvaders ontvang het, waar te maak.

9. Hy het ook gekom sodat die ander nasies God oor sy ontferming sou verheerlik, soos daar geskrywe staan:“Daarom sal ek U loof voor die nasies,en tot eer van u Naam sal ek 'n lofpsalm sing.”

10. En elders lui dit:“Verbly julle, ander nasies,saam met sy volk.”

11. En:“Prys die Here, alle nasies!Loof Hom, alle volke!”

12. En Jesaja sê ook:“Isai sal 'n nakomeling hê,en Hy sal opstaan om die nasies te regeer;op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”

13. Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!

14. My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help.

15. Tog is ek in my brief plek-plek nogal uitgesproke. Dit was maar om julle aan die een en ander te herinner. God het my immers in sy genade die voorreg gegee

Lees volledige hoofstuk Romeine 15