Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:22-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.”Van daardie oomblik af was die vrou gesond.

23. Daarna het Jesus by die huis van die raadslid gekom. Toe Hy die fluitspelers sien en die klomp mense wat te kere gaan,

24. sê Hy: “Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, sy slaap net.”Maar hulle het Hom uitgelag.

25. Nadat die mense uitgejaag was, het Hy in die huis ingegaan, die dogtertjie se hand gevat en sy is uit die dood opgewek.

26. Berigte hieroor het deur daardie hele omgewing versprei.

27. Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg. Hulle het aanhoudend geskreeu: “Ontferm U tog oor ons, Seun van Dawid!”

28. Jesus het in die huis ingegaan, en die blindes het daar na Hom toe gekom. Hy vra toe vir hulle: “Glo julle dat Ek dit kan doen?”“Ja, Here,” antwoord hulle Hom.

29. Toe raak Hy aan hulle oë en sê: “Wat julle glo, sal gebeur.”

30. Hulle kon toe sien, maar Jesus het hulle baie streng beveel: “Hiervan moet niemand hoor nie.”

31. Maar toe hulle daar weg is, het hulle in daardie hele omgewing van Hom vertel.

32. Nadat die twee blindes die huis verlaat het, het die mense 'n man na Hom toe gebring wat stom was omdat hy in die mag van 'n bose gees was.

33. Nadat die bose gees uitgedryf is, het die stom man begin praat. Die menigte het hulle verwonder en gesê: “So iets het nog nooit in Israel gebeur nie.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 9