Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 9:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het toe in die skuit geklim, die see oorgesteek en in sy eie dorp aangekom.

2. Daar het hulle 'n verlamde man wat bedlêend was, na Hom toe gebring. Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: “Vriend, wees gerus; jou sondes word vergewe.”

3. Party van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: “Hy praat godslasterlik.”

4. Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte?

5. Wat is makliker? Om te sê: ‘Jou sondes word vergewe,’ of om te sê: ‘Staan op en loop’?

6. Maar Ek gaan nou vir julle die bewys lewer dat die Seun van die mens volmag het om op aarde sondes te vergewe.”Hy sê toe vir die verlamde man: “Staan op, vat jou draagbaar en gaan huis toe.”

7. Hy het opgestaan en huis toe gegaan;

8. en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys.

9. Terwyl Jesus daarvandaan verder gaan, het Hy 'n man met die naam Matteus by die tolhuis sien sit en vir hom gesê: “Volg My!”Hy het toe opgestaan en Hom gevolg.

10. Jesus het by hom in sy huis gaan eet, en baie tollenaars en sondaars het saam met Jesus en sy dissipels kom eet.

Lees volledige hoofstuk Matteus 9