Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:4-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:“'n Mens leef nie net van brood niemaar van elke woordwat uit die mond van God kom.”

5. Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan

6. en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee“en:“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.”

7. Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

8. Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag

9. en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

10. Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

11. Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan.

13. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

15. “Jy, gebied van Sebulon en gebiedvan Naftali,aan die seekant en oorkant die Jordaan,Galilea waar die heidene woon!

Lees volledige hoofstuk Matteus 4