Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan.

13. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

15. “Jy, gebied van Sebulon en gebiedvan Naftali,aan die seekant en oorkant die Jordaan,Galilea waar die heidene woon!

16. Die volk wat in duisternis woon,het 'n groot lig gesien;hulle wat in die skemerlandvan die dood lewe,vir hulle het die lig opgegaan.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

18. Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep.

19. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4