Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 24:37-46 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens.

38. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het.

39. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die koms van die Seun van die mens.

40. Dan sal twee mense op die land werk, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.

41. Twee vroue sal by die meul koring maal, die een sal saamgeneem en die ander een agtergelaat word.

42. Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.

43. “Onthou dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd van die nag die dief kom, sou hy wag gehou het en nie toegelaat het dat daar in sy huis ingebreek word nie.

44. Om dieselfde rede moet julle ook altyd gereed wees, want die Seun van die mens kom op 'n uur dat julle dit nie verwag nie.”

45. “Wie is eintlik die getroue en verstandige slaaf vir wie sy eienaar oor sy ander slawe aangestel het om hulle op tyd kos te gee?

46. Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!

Lees volledige hoofstuk Matteus 24