Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:7-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik.

8. Die ander saad het in goeie grond geval en 'n oes gelewer, party honderdvoudig, ander sestigvoudig en ander dertigvoudig.

9. “Wie ore het, moet luister!”

10. Die dissipels het vir Jesus kom vra: “Hoekom gebruik U gelykenisse as U met die mense praat?”

11. Hy het hulle geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie.

12. Wie het, vir hom sal nog meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.

13. Om hierdie rede praat Ek met hulle in gelykenisse: omdat hulle kyk maar nie sien nie, en hoor maar nie luister en verstaan nie.

14. In hulle geval word die profesie van Jesaja vervul wat sê:“ ‘Julle sal hoor en hoor en tog niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.

15. Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaaksodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hooren met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie.’

16. “Maar julle oë is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat hulle hoor.

17. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor wat julle hoor, maar het dit nie gehoor nie.”

18. “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken:

19. Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13