Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 9:41-50 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. “Elkeen wat vir julle 'n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”

42. “Elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, van My afvallig laat word, vir hom is dit baie beter as 'n groot meulsteen aan sy nek vasgemaak en hy in die see gegooi word.

43. “As jou hand jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy vermink in die lewe ingaan as dat jy altwee jou hande het en na die hel toe gaan, in die onblusbare vuur.

45. En as jou voet jou van My afvallig laat word, kap hom af! Dit is beter dat jy kreupel die lewe ingaan as dat jy altwee jou voete het en in die hel gegooi word.

47. En as jou oog jou van My afvallig laat word, pluk hom uit! Dit is beter dat jy met een oog die koninkryk van God ingaan as dat jy altwee oë het en in die hel gegooi word.

48. Daar gaan die wurm nie dood nie en word die vuur nie geblus nie.”

49. “Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.

50. “Sout is goed, maar as sout sy krag verloor het, waarmee sal 'n mens dit weer sout maak?“Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe.”

Lees volledige hoofstuk Markus 9