Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 12:33-41 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. En ‘om Hom lief te hê met jou hele hart en met jou hele denke en met al jou krag’ en ‘om jou naaste lief te hê soos jouself’ is van meer belang as al die brandoffers en ander diereoffers.”

34. Toe Jesus hom so verstandig hoor praat, sê Hy vir hom: “Jy is nie ver van die koninkryk van God af nie.”Niemand het dit toe meer gewaag om Hom 'n vraag te stel nie.

35. Jesus het toe voortgegaan om die mense in die tempel te leer, en Hy het vir hulle gesê: “Hoe is dit dat die skrifgeleerdes sê dat die Christus die seun van Dawid is?

36. Dawid self het deur die ingewing van die Gees gesê:“ ‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhandtotdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’

37. “Dawid self noem Hom ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”Die groot menigte mense het graag na Hom geluister.

38. Terwyl Jesus die mense leer, het Hy gesê: “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat daarvan hou om met swierige klere rond te stap en om op straat begroet te word,

39. wat die voorste sitplekke in die sinagoges en die ereplekke by die feesmaaltye wil hê.

40. Hulle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Hulle sal baie swaar gestraf word.”

41. Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi.

Lees volledige hoofstuk Markus 12