Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 2:18-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.

19. Maria het alles wat gesê is, onthou en telkens weer by haarself daaroor nagedink.

20. Die skaapwagters het toe teruggegaan terwyl hulle God loof en prys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit was alles net soos dit vir hulle gesê is.

21. Ag dae later, toe dit tyd was om die Kindjie te besny, het Hy die naam Jesus gekry, die naam wat deur die engel genoem is nog voordat Hy in die moederskoot ontvang is.

22. Toe die reinigingstyd soos deur die wet van Moses bepaal, vir hulle verby was, het hulle Hom na Jerusalem toe gebring om Hom tot beskikking van die Here te stel.

23. In die wet van die Here staan immers geskrywe: “Elke eersteling van die manlike geslag moet vir die Here afgesonder word.”

24. Hulle het ook die reinigingsoffer gebring volgens die voorskrif in die wet van die Here, naamlik “'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.”

25. Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon

26. en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie.

27. Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom,

28. het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê:

29. “Here, laat u dienaar nouin vrede gaan volgens u woord,

30. omdat my oë u verlossing gesien het

31. wat U gereed gemaak hetvoor die oë van al die volke:

32. 'n lig tot verligting van die nasiesen tot eer van u volk Israel.”

33. Sy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is.

34. Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word.

Lees volledige hoofstuk Lukas 2