Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:30-38 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. “Gaan na die dorpie toe daar reg voor julle. Net soos julle inkom, sal julle daar 'n jong donkie kry wat vasgemaak staan. Geen mens het nog ooit op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier.

31. En as iemand vir julle vra: ‘Waarom maak julle hom los?’ moet julle antwoord: Die Here het hom nodig.”

32. Die twee wat gestuur is, gaan toe en kry alles net soos Hy vir hulle gesê het.

33. Terwyl hulle die donkie losmaak, vra sy eienaars vir hulle: “Waarom maak julle die donkie los?”

34. Hulle antwoord: “Die Here het hom nodig.”

35. Toe bring hulle die donkie na Jesus toe. Daarna gooi hulle van hulle klere op sy rug en help Jesus opklim.

36. Terwyl Hy aanry, het hulle van hulle klere op die pad oopgegooi.

37. Toe Hy naby die stad kom, teen die afdraand van die Olyfberg, het die hele skare juigende volgelinge God uit volle bors begin prys oor al die wonderwerke wat hulle gesien het.

38. Hulle het gesing:“Loof die Koning,Hy wat in die Naam van die Here kom!Vrede in die hemelen eer aan God in die hoogste hemel!”

Lees volledige hoofstuk Lukas 19