Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 17:19-28 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.”

20. Toe die Fariseërs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie.

21. Hulle sal nie kan sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koninkryk van God is hier by julle.”

22. Daarna sê Hy vir die dissipels: “Daar sal dae kom wanneer julle daarna sal verlang om net een van die dae van die Seun van die mens te sien, maar julle sal dit nie sien nie. Hulle sal wel vir julle sê: ‘Kyk, daar is Hy!’ of: ‘Kyk, hier is Hy!’

23. Maar moenie gaan nie en moenie agter hulle aanloop nie!

24. Soos die weerlig wat uitslaan, die hele lugruim van die een kant na die ander verlig, so sal die Seun van die mens kom as die dag van sy koms daar is.

25. Maar eers moet Hy baie ly en deur die mense van hierdie tyd verwerp word.

26. “Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens:

27. hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het. Toe kom die sondvloed, en dit het hulle almal uitgewis.

28. In die tyd van Lot het dit ook net so gegaan: hulle het maar soos gewoonlik geëet en gedrink, gekoop en verkoop, geplant en gebou.

Lees volledige hoofstuk Lukas 17