Ou Testament

Nuwe Testament

Judas 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Judas, 'n dienaar van Jesus Christus en 'n broer van Jakobus.Aan dié vir wie God die Vader geroep het, wat Hy liefhet en deur Jesus Christus bewaar.

2. Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle geskenk word!

3. Geliefdes, ek was vas van plan om aan julle te skrywe oor die verlossing waaraan ons almal deel het. Maar nou voel ek my verplig om julle met my brief aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het.

Lees volledige hoofstuk Judas 1