Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 19:9-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Hy het weer in sy ampswoning ingegaan en vir Jesus gevra: “Waar kom jy vandaan?”Jesus het hom egter nie geantwoord nie.

10. Pilatus sê toe vir Hom: “Praat jy nie met my nie? Weet jy nie dat ek die mag het om jou los te laat en ook die mag om jou te kruisig nie?”

11. En Jesus antwoord hom: “U sou geen gesag oor My gehad het as dit nie van Bo aan u gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u uitgelewer het, groter skuld.”

12. Hieroor het Pilatus geprobeer om Hom los te laat; maar die Jode het geskreeu: “As u hom loslaat, is u nie 'n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself as koning voordoen, is in verset teen die keiser.”

13. Toe Pilatus dit alles hoor, het hy vir Jesus buitentoe gebring en op die regbank gaan sit op die plek wat Klipterras genoem word, in Hebreeus Gabbata.

14. Dit was die voorbereiding vir die paasfees, en dit was omtrent twaalfuur die middag. Hy sê toe vir die Jode: “Hier is julle koning!”

15. Maar hulle skreeu: “Vat hom weg! Vat hom weg! Kruisig hom!”Toe vra Pilatus vir hulle: “Moet ek julle koning kruisig?”Die priesterhoofde antwoord: “Ons het nie 'n koning nie; ons het net die keiser.”

16. Toe het hy Hom op hulle versoek oorgelewer om gekruisig te word, en hulle het Jesus weggeneem.

17. Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan na Kopbeenplek toe, soos dit genoem is, in Hebreeus Golgota.

Lees volledige hoofstuk Johannes 19