Ou Testament

Nuwe Testament

Johannes 10:13-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie.

14. “Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,

15. net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.

16. Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder.

17. “Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.

18. Niemand neem dit van My af nie, maar Ek lê dit uit my eie af. Ek het die volmag om dit af te lê, en Ek het die volmag om dit weer op te neem. Dit is die opdrag wat Ek van my Vader ontvang het.”

19. Daar het toe verdeeldheid onder die Jode gekom oor hierdie woorde.

20. Baie van hulle het gesê: “Hy is van die duiwel besete, hy is mal! Hoekom luister julle nog na hom?”

Lees volledige hoofstuk Johannes 10