Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 4:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie.

2. Ons het die blye boodskap ontvang net soos hulle, maar hoewel hulle die prediking gehoor het, het dit hulle niks gebaat nie, omdat hulle nie geglo het wat hulle gehoor het nie.

3. Ons wat glo, gaan wel in die rus in, maar hulle nie, soos God gesê het:“Toe het Ek in my toorn 'n eed afgelê:In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.”En tog was sy werk ná die skepping van die wêreld reeds afgehandel,

4. want êrens in die Skrif word van die sewende dag dit gesê: “En God het op die sewende dag gerus van al sy werk,”

5. terwyl hier weer gesê word: “In my rus sal hulle beslis nie ingaan nie.”

6. Dié wat vroeër die blye boodskap gehoor het, het dus vanweë hulle ongehoorsaamheid nie in sy rus ingegaan nie, maar vir sommige bly die moontlikheid bestaan om weer in sy rus in te gaan.

7. God het immers weer 'n dag bepaal, naamlik “vandag” wanneer Hy, soos reeds voorheen aangehaal, soveel later by monde van Dawid sê:“Vandag, as julle sy stem hoor,moet julle nie hardkoppig wees nie.”

8. As Josua hulle in die rus laat ingaan het, sou God nie daarná nog van 'n ander dag gepraat het nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 4