Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:37-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Juis in die tyd toe Petrus in Lidda was, het sy siek geword en gesterwe. Hulle het haar gewas en in 'n bokamer neergelê.

38. Aangesien Lidda naby Joppe is en die gelowiges gehoor het dat Petrus daar is, het hulle twee mans na hom toe gestuur met die versoek: “Kom tog gou na ons toe oor.”

39. Petrus het dadelik saam met hulle gegaan en toe hy daar kom, het hulle hom na die bokamer toe geneem. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog gelewe het.

40. Nadat Petrus almal uitgestuur het, het hy gekniel en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabita, staan op!”Sy het haar oë oopgemaak en toe sy vir Petrus sien, het sy regop gesit.

41. Hy het haar met die hand help opstaan, die weduwees en die ander gelowiges geroep en haar lewend voor hulle gebring.

42. Die hele Joppe het hiervan gehoor, en baie mense het tot geloof in die Here gekom.

43. Petrus het geruime tyd daar in Joppe gebly by 'n sekere Simon, 'n leerlooier.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9