Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 9:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”

15. Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel.

16. Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”

17. Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”

18. Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop;

19. en hy het geëet en sy kragte herwin.Saulus het 'n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly

20. en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 9