Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:3-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra.

4. Petrus en Johannes kyk hom toe stip aan, en Petrus sê: “Kyk na ons.”

5. Toe kyk die man na hulle in die hoop dat hy iets van hulle gaan kry.

6. Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

7. Hy vat toe die man se regterhand en help hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword.

8. Hy het opgespring en regop gestaan, en hy kon loop. Daarna het hy saam met hulle in die tempel ingegaan terwyl hy geloop en gespring en God geprys het.

9. Al die mense het gesien dat hy loop en God prys;

10. maar toe hulle besef dat dit hy is wat voor die tempel by die Mooipoort gesit en bedel het, was hulle baie verbaas en verwonder oor wat daar met hom gebeur het.

11. Die man het vir Petrus en Johannes bly volg, en die mense wat almal uiters verbaas was, het na hulle toe gestroom in die Pilaargang van Salomo, soos dit genoem is.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3