Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:21-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het. Dit het God reeds lank gelede deur sy heilige profete gesê.

22. Moses het immers gesê: ‘Die Here julle God sal uit julle eie geledere vir julle 'n Profeet soos ek laat voortkom. Gehoorsaam Hom in alles wat Hy vir julle sal sê.

23. Elkeen wat nie hierdie Profeet gehoorsaam nie, moet van die volk afgesny word.’

24. En al die profete van Samuel af en daarna, almal wat opgetree het, het ook aangekondig wat in hierdie tyd gebeur.

25. Die dinge waarvan die profete gepraat het, is vir julle bedoel, en julle het deel aan die verbond wat God met julle voorvaders gesluit het. Hy het vir Abraham gesê: ‘Jou nakomeling sal vir al die volke van die aarde tot 'n seën wees.’

26. Daarom het God sy Dienaar na die wêreld toe laat kom en Hom heel eerste na julle toe gestuur om vir julle tot 'n seën te wees deur elkeen van julle van sy verkeerde paaie af terug te bring.”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3