Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 3:2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Net toe word daar 'n man aangedra wat van sy geboorte af lam was. Sy mense het hom elke dag by die tempelpoort wat Mooipoort genoem is, neergesit om by die tempelgangers te bedel.

3. Toe hy vir Petrus en Johannes sien, net voor hulle in die tempel ingaan, het hy van hulle iets gevra.

4. Petrus en Johannes kyk hom toe stip aan, en Petrus sê: “Kyk na ons.”

5. Toe kyk die man na hulle in die hoop dat hy iets van hulle gaan kry.

6. Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 3