Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:22-31 Afrikaans 1983 (AFR83)

22. “Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self.

23. God het besluit en dit vooruit bepaal om Hom aan julle uit te lewer, en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak.

24. Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.

25. Van Hom sê Dawid:“Ek het die Here altyd voor oë.Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie.

26. Daarom is my hart bly en my tong jubel,ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe,

27. want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie;U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.

28. U het my die paaie van die lewe geleer;u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.

29. “Broers, wat ons voorvader Dawid betref, moet ek dit vir julle duidelik stel: Hy het gesterwe en is begrawe, en sy graf is nou nog hier by ons.

30. Maar hy was 'n profeet en hy het geweet dat God met 'n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge op sy troon sou sit.

31. Daarom het hy die opstanding van die Christus vooruit gesien en gesê:“Hy is nie aan die doderyk oorgelaat nie,en sy liggaam het nie vergaan nie.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2