Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 2:13-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk.”

14. Toe staan Petrus saam met die elf ander apostels op en onder leiding van die Heilige Gees spreek hy die mense toe: “Jode en julle almal wat in Jerusalem woon, ek moet vir julle verduidelik wat gebeur het. Luister na wat ek gaan sê:

15. Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre.

16. Nee, hier gebeur wat God deur die profeet Joël gesê het:

17. “Só sal dit in die laaste dae wees, sê God:Ek sal my Gees uitstort op alle mense:julle seuns en julle dogters sal as profete optree;julle jongmense sal gesigte sien;julle oumense sal drome droom.

18. Ja, op my dienaars en my dienaressesal Ek in daardie dae my Gees uitstort,en hulle sal as profete optree.

19. Ek sal tekens bo in die lugen wonders onder op die aarde gee:bloed en vuur en rookwolke.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 2