Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:19-25 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. Herodes het hom laat soek, en omdat hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle doodgemaak moet word.Hierna het Herodes van Judea af na Sesarea toe gegaan en 'n tyd daar gebly.

20. Die mense van Tirus en Sidon het hulle die woede van Herodes op die hals gehaal. Daarom het hulle saam 'n afvaardiging na hom toe gestuur. Nadat hulle vir Blastus, die koning se kamerheer, op hulle hand gekry het, het hulle vrede gevra, omdat hulle land van die koning s'n afhanklik was vir lewensmiddele.

21. Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek.

22. Die mense het toe geskreeu: “Dit is 'n god wat praat, nie 'n mens nie!”

23. Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe.

24. Maar die woord van God het verder versprei en veld gewen.

25. Barnabas en Saulus het teruggekom nadat hulle hulle opdrag in Jerusalem uitgevoer het, en hulle het vir Johannes, wat ook Markus genoem is, met hulle saamgevat.

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12