Ou Testament

Nuwe Testament

Handelinge 12:16-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Intussen het Petrus aangehou klop. Toe hulle die deur oopmaak en hom sien, was hulle baie verbaas.

17. Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het.“Vertel dit vir Jakobus en die ander gelowiges,” het hy gesê en na 'n ander plek toe vertrek.

18. Toe dit dag word, was die soldate nie min ontsteld oor wat van Petrus geword het nie.

19. Herodes het hom laat soek, en omdat hulle hom nie kon kry nie, het hy die wagte verhoor en bevel gegee dat hulle doodgemaak moet word.Hierna het Herodes van Judea af na Sesarea toe gegaan en 'n tyd daar gebly.

20. Die mense van Tirus en Sidon het hulle die woede van Herodes op die hals gehaal. Daarom het hulle saam 'n afvaardiging na hom toe gestuur. Nadat hulle vir Blastus, die koning se kamerheer, op hulle hand gekry het, het hulle vrede gevra, omdat hulle land van die koning s'n afhanklik was vir lewensmiddele.

21. Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek.

22. Die mense het toe geskreeu: “Dit is 'n god wat praat, nie 'n mens nie!”

Lees volledige hoofstuk Handelinge 12