Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 6:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in 'n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom.

2. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.

3. As iemand hom verbeel hy is iets en hy is niks, bedrieg hy homself.

4. Laat elkeen sy eie doen en late ondersoek: as dit goed is, kan hy daarop trots wees sonder om dit met dié van 'n ander te vergelyk.

5. Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het.

6. Iemand wat onderrig ontvang in die woord van God, moet sy leermeester laat deel in al die goeie dinge wat hy het.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 6