Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 3:21-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Wil dit nou sê dat die wet van Moses in stryd is met die beloftes van God?Beslis nie! As 'n wet gegee was wat in staat was om die ware lewe te skenk, sou 'n mens inderdaad vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou.

22. Maar volgens die Skrif is die hele wêreld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus.

23. Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.

24. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.

25. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie.

26. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God,

27. want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword.

28. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.

29. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 3