Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 3:18-26 Afrikaans 1983 (AFR83)

18. As 'n mens dit wat beloof is, kry op grond van die onderhouding van die wet van Moses, kry jy dit nie meer op grond van die belofte nie, en God het sy genade aan Abraham juis deur 'n belofte toegesê.

19. Watter doel dien die wet dan? Dit is later bygevoeg as gevolg van die sonde, en dit is bedoel vir die tyd totdat die nakomeling op wie die belofte betrekking het, sou kom. Engele het die wet deur middel van 'n tussenganger aan die volk gegee.

20. Maar as daar net één is wat handel, is 'n tussenganger nie nodig nie, en God ís net een.

21. Wil dit nou sê dat die wet van Moses in stryd is met die beloftes van God?Beslis nie! As 'n wet gegee was wat in staat was om die ware lewe te skenk, sou 'n mens inderdaad vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou.

22. Maar volgens die Skrif is die hele wêreld vasgevang in die greep van die sonde; die belofte word dus vir die gelowiges vervul alleen op grond van die geloof in Jesus Christus.

23. Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek.

24. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word.

25. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie.

26. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God,

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 3