Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 3:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as 't ware aan die kruis kon sien hang!

2. Net een ding wil ek van julle weet: Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo?

3. Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig?

4. Was al julle swaarkry dan verniet? Dit kon tog nie verniet gewees het nie!

5. Hy wat julle met die Heilige Gees toerus en kragtig onder julle werk, doen Hy dit omdat julle die wet onderhou of omdat julle die evangelie glo?

6. So was dit ook met Abraham: “Hy het in God geglo, en God het hom vrygespreek.”

7. Julle sien dus dat dié wat glo, kinders van Abraham is.

8. Die Skrif het vooruit geweet dat God ook mense wat nie Jode is nie, sou vryspreek as hulle glo. Daarom het die Skrif al voorheen die goeie nuus vir Abraham gebring: “In jou sal al die nasies geseën word.”

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 3