Ou Testament

Nuwe Testament

Galasiërs 1:1-2-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1-2. Van Paulus, 'n apostel, en van al die broers wat by my is.Dat ek 'n apostel is, dank ek nie aan mense nie. Ek is ook nie deur 'n mens aangestel nie, maar deur Jesus Christus en deur God die Vader wat Hom uit die dood opgewek het.Aan die gemeentes in Galasië.

3. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus,

4. wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring.

5. Aan God kom die heerlikheid toe tot in alle ewigheid! Amen.

6. Dit verbaas my dat julle so gou van God wat julle deur die genade van Christus geroep het, afvallig word en 'n ander evangelie aanneem.

Lees volledige hoofstuk Galasiërs 1