Ou Testament

Nuwe Testament

Filippense 4:19-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

19. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.

20. Aan ons God en Vader behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.

21. Groete aan almal wat aan God behoort deur Christus Jesus. Die broers hier by my stuur vir julle groete.

22. Ook al die gelowiges en veral dié wat aan die huis van die keiser verbonde is, stuur vir julle groete.

23. Die genade van die Here Jesus Christus sal by julle wees.

Lees volledige hoofstuk Filippense 4