Ou Testament

Nuwe Testament

2 Timoteus 2:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer;as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën;

13. as ons ontrou is — Hy bly getrou:Hy kan Homself nie verloën nie.

14. Hou aan om die gelowiges aan hierdie dinge te herinner en vermaan hulle ernstig voor God om op te hou stry oor woorde. Dit het geen nut nie en is net skadelik vir die hoorders.

15. Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as 'n arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, 'n arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid suiwer verkondig.

16. Maar die onheilige en sinlose praatjies moet jy vermy, want dié wat dit versprei, sal nog verder in goddeloosheid verval,

17. en hulle woorde sal voortvreet soos kanker. Onder hulle is daar Himeneus en Filetus,

Lees volledige hoofstuk 2 Timoteus 2