Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 5:2-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Terwyl ons in die tentwoning leef, sug ons, want ons verlang daarna dat ons woning uit die hemel ons sal oordek.

3. Ons wil nie ontklee wees en naak voor God staan nie.

4. Ons wat nog in die tentwoning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse liggaam afstand wil doen nie; ons wil die hemelse bo-oor die aardse aantrek, sodat wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.

5. Hy wat ons vir hierdie oorgang voorberei het, is God. As waarborg hiervan het Hy ons sy Gees gegee.

6. Daarom is ons altyd vol moed. Ons weet dat, solank as ons in die liggaam bly, ons nog nie by die Here woon nie,

7. want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.

8. Ons is vol moed en sou liewer ons verblyf in die liggaam wil verlaat en by die Here gaan woon.

9. Maar, of ons hier woon of daar woon, ons het net een wens, en dit is om te lewe soos Hy dit wil.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 5