Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 2:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarom het ek besluit ek kom nie weer na julle toe as my besoek op droefheid uitloop nie,

2. want as ek julle hartseer maak, wie bly dan oor om my op te beur, behalwe dié wat ek hartseer gemaak het?

3. Dit is waarom ek liewer aan julle geskrywe het. Ek wou nie daar kom en hartseer gemaak word deur mense wat my gelukkig moes gemaak het nie, want ek is seker daarvan dat julle almal gelukkig is as ek gelukkig is.

4. Ja, met groot bekommernis en beklemming van hart, en onder baie trane, het ek aan julle geskrywe. Dit was nie om julle hartseer te maak nie, maar om julle te laat besef dat ek julle baie lief het.

5. As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste 'n deel van julle.

6. Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg.

7. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor.

8. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.

9. Toe ek geskryf het, was dit juis om te wete te kom of julle aan my getrou gebly het en in alles gehoorsaam is.

10. As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 2