Ou Testament

Nuwe Testament

2 Johannes 1:7-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met “die misleier” “die antichris” bedoel.

8. Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang.

9. Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly, erken sowel die Vader as die Seun.

10. As daar iemand na julle toe kom wat 'n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie,

11. want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.

12. Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees.

13. Die kinders van jou uitverkore suster stuur vir jou groete.

Lees volledige hoofstuk 2 Johannes 1