Ou Testament

Nuwe Testament

1 Timoteus 3:9-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Hulle moet in alle opregtheid aan die geopenbaarde waarheid van die geloof vashou.

10. Vooraf moet ondersoek ingestel word na hulle geskiktheid, en as niemand beswaar teen hulle inbring nie, kan hulle as diakens dien.

11. Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.

12. 'n Diaken moet aan sy vrou getrou wees en sy kinders en sy eie huisgesin goed beheer.

13. Dié wat as diaken goed gedien het, verwerf vir hulleself 'n eervolle plek in die gemeente en groot vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

14. Ek skryf hierdie dinge aan jou hoewel ek hoop om gou na jou toe te kom.

15. Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.

16. En dit staan bo alle teenspraak dat die geopenbaarde waarheid van ons godsdiens groot is:As mens het Jesus in die wêreld gekom, deur die Gees is bevestigdat die reg aan sy kant is,aan die engele het Hy verskyn;aan die heidennasies is Hy verkondig,in die hele wêreld is Hy geglo,en in heerlikheid is Hy opgeneem.

Lees volledige hoofstuk 1 Timoteus 3