Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 5:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het.

7. Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle.

8. Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.

9. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur.

10. God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

11. Aan Hom behoort die krag tot in ewigheid! Amen.

12. Silvanus, wat na my mening 'n getroue broer is, het vir my hierdie kort briefie aan julle op skrif gestel. Ek het geskrywe om julle te bemoedig en julle te verseker dat hierdie dinge die ware genade van God is. Staan hierin vas!

13. Die gemeente in Babilon, 'n uitverkore gemeente net soos julle, asook Markus, my seun, stuur vir julle groete.

14. Groet mekaar met 'n soen van Christelike liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus is!

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 5