Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 6:12-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Daar is mense wat sê:“Alles is my geoorloof.”Ja, maar nie alles is heilsaam nie.“Alles is my geoorloof,” sê hulle.Ja, maar ek gaan my nie deur enigietslaat verslaaf nie.

13. Hulle sê ook:“Kos is vir die maag,en die maag vir kos.”Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.

14. God het deur sy krag die Here uit die dood opgewek en so sal Hy ons ook opwek.

15. Weet julle nie dat julle liggaam deel is van Christus nie? Sal ek nou 'n deel van Christus neem en dit 'n deel van 'n ontugtige vrou maak? Beslis nie!

16. Of weet julle nie dat iemand wat met 'n ontugtige vrou omgang het, liggaamlik een met haar is nie? God sê immers: “Die twee sal een word.”

17. Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.

18. Julle moet niks met seksuele losbandigheid te doen hê nie. Elke ander sonde wat 'n mens doen, vind buite sy liggaam plaas, maar iemand wat seksueel losbandig lewe, vergryp hom aan sy eie liggaam.

19. Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie:

20. julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 6