Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 13:4-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Die liefde is geduldig,die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie.

5. Dit handel nie onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie,is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie.

6. Dit verbly hom nie oor onreg nie,maar verheug hom oor die waarheid.

7. Dit bedek alles,glo alles,hoop alles,verdra alles.

8. Die liefde vergaan nooit nie,maar die gawevan profesie sal verdwyn,die gaweom ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou,en dié van kennis sal uitgedien raak.

9. Want ons ken maar gedeeltelik,en ons profeteer maar gedeeltelik,

10. maar wanneer die volledige kom,sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.

11. Toe ek 'n kind was,het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind.Maar noudat ek 'n man is,is ek klaar met die dinge van 'n kind.

12. Nou kyk ons nogin 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld,maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is.Nou ken ek net gedeeltelik,maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

13. En nou:geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.En die grootste hiervan isdie liefde!

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 13