Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 11:4-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan.

5. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is.

6. As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.

7. 'n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man.

8. Die man is nie uit die vrou geneem nie, maar die vrou uit die man.

9. Die man is ook nie ter wille van die vrou geskep nie, maar die vrou ter wille van die man.

10. Daarom behoort die vrou 'n teken van die man se gesag oor haar op haar kop te hê ter wille van die engele.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 11