Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 11:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Volg my voorbeeld, soos ek die voorbeeld van Christus volg.

2. Ek vind dit prysenswaardig dat julle in alles aan my bly dink en vashou aan die oorgelewerde leer soos ek dit aan julle oorgedra het.

3. Ek wil egter hê julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en 'n man die hoof van sy vrou, en God die hoof van Christus.

4. Elke man wat bid of profeteer met iets op sy kop, doen sy hoof, Christus, oneer aan.

5. Maar elke vrou wat bid of profeteer sonder iets op haar kop, doen haar hoof, haar man, oneer aan, want dan is sy net soos 'n vrou wie se hare afgeskeer is.

6. As 'n vrou nie iets op haar kop wil sit nie, kan sy ewe goed haar hare laat afsny. Maar aangesien dit 'n skande is vir 'n vrou om haar hare te laat afsny of afskeer, moet sy iets op haar kop sit.

7. 'n Man behoort nie iets op sy kop te sit nie. Hy is die beeld en sieraad van God, maar die vrou is die sieraad van die man.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 11