Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 15:4-16 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

4. Sagtheid van tong is ’n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.

5. Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.

6. In die huis van die regverdige is ’n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.

7. Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

8. Die offer van die goddelose is vir die Here ’n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.

9. Die wandel van die goddelose is vir die Here ’n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.

10. ’n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.

11. Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die Here, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!

12. Die spotter hou nie daarvan dat ’n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.

13. ’n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

14. Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.

15. Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

16. Liewer ’n bietjie in die vrees van die Here, as ’n groot skat en onrus daarby.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 15