Ou Testament

Nuwe Testament

Sefánja 2:8-15 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied.

9. Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra — ’n veld van brandnekels en soutpanne en ’n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.

10. Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die Here van die leërskare.

11. Vreeslik sal die Here teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.

12. Ook julle, o Kusiete, deurboordes van my swaard is hulle.

13. Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninevé tot ’n verwoesting maak, dor soos die woestyn.

14. En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk.

15. Dit is die uitgelate stad wat so veilig gewoon het, wat in sy hart gesê het: Dit is ek, en niemand anders nie! Hoe het dit ’n verwoesting geword, ’n lêplek vir wilde diere! Almal wat daar verbytrek, spot, skud met die hand.

Lees volledige hoofstuk Sefánja 2